Sunday 8 May 2016

Akademiese Uitstappie

                                                            

                                                        AANDAG ALLE TOERISME LEERDERS...

Daar sal 'n uitstappie wees vir alle Toerisme leerders. Hierdie uitstappie is nie verpligtend nie, maar u sal uitmis indien u nie gaan nie!

Wanneer: 10 Mei 2016
Waar: Pretoria Botaniese Tuine
Kostes: R 250 pp

Leerders sal die 10de Mei om 07:00 by die skool vertrek en die middag om 18:00 terug wees by die skool. Die bedrag sluit ete en koeldrank vir die middag in. Leerders kan hulle eie kossies pak vir die bus.

Die uitstappie is om leerders bewus te maak van die natuur en hoe hulle verantwoordelike toeriste kan wees in Suid-Afrika. Leerders sal op 'n begeleide staptog deur die tuin gevat word en vertel word van al die plante.

Gelde kan betaal word by die skool, nie later as 6 Mei 2016 nie. Stuur ook asseblief u kind se vrywaringsvorm terug na die skool so gou moontlik.

Sien julle daar!!

No comments:

Post a Comment