Sunday 8 May 2016

Akademiese Uitstappie

                                                            

                                                        AANDAG ALLE TOERISME LEERDERS...

Daar sal 'n uitstappie wees vir alle Toerisme leerders. Hierdie uitstappie is nie verpligtend nie, maar u sal uitmis indien u nie gaan nie!

Wanneer: 10 Mei 2016
Waar: Pretoria Botaniese Tuine
Kostes: R 250 pp

Leerders sal die 10de Mei om 07:00 by die skool vertrek en die middag om 18:00 terug wees by die skool. Die bedrag sluit ete en koeldrank vir die middag in. Leerders kan hulle eie kossies pak vir die bus.

Die uitstappie is om leerders bewus te maak van die natuur en hoe hulle verantwoordelike toeriste kan wees in Suid-Afrika. Leerders sal op 'n begeleide staptog deur die tuin gevat word en vertel word van al die plante.

Gelde kan betaal word by die skool, nie later as 6 Mei 2016 nie. Stuur ook asseblief u kind se vrywaringsvorm terug na die skool so gou moontlik.

Sien julle daar!!

Saturday 7 May 2016

Aanlyn aktiwiteit

Volg die link vir die aanlyn aktiwiteit

http://www.edcreate.com/hangman/hangman.php?id=15794

Interessante video skakel

Onder is 'n skakel wat u na 'n interessante video sal neem op youtube. Kyk gerus!!

https://www.youtube.com/watch?v=aIprHnlSgQc

Tema van die week en huiswerk

Die tema wat ons die week in die klas behandel is Tipes Vervoer. Dit handel oor al die vervoer middels wat gebruik word deur toeriste om van plek na plek te reis.
HUISWERK:
 Daar sal van leerders verwag word om 6 prente van die verskillende tipes vervoer uit tydskrifte of koerante te kry. Geen prente van die internet af mag gebruik word nie.
 


Belangrike inligting

Goeie dag aan alle ouers

Welkom by die Toerisme klas van 2016. Ek hoop dat die jaar 'n goeie jaar vir ons almal gaan wees. Ek is Vickie Celliers en sal die Graad 10's se toerisme onderwyseres wees. In die blog sal ek al die nodige en belangrike inligting vir julle deurgee oor die tema wat elke week behandel word, die huiswerk, alle sport en kultuur uitstappies of aktiwiteite.

My e-pos adres is vcelliers825@gmail.com indien enige ouer my wil kontak. Ek glo dat as ons almal saamwerk ons groot sukses sal behaal.

Toerisme groete
Vickie Celliers

Welkom...

                                                     WELKOM BY TOERISME 2016!!